Jo Lennox
Jo Lennox
South Africa (Table View)
July 30, 2017

Wat 'n wonderlike naweek in Yzerfontein. Alles was absoluut perfek. Dankie vir die gasvryheid en netjiese geriewe. Ek sal beslis weer in die toekoms besoek.
xx
Ilse, Richard, Jo, Tim, Suryn & Erich

Default Avatar
Niel Cronje
South Africa (Mossel Bay)
July 28, 2017

Volledig toegerus en stylvol gemeubileer. Alles wat benodig word is daar. Braaikamer en kuiergedeelte 'n absolute juweel. Uitstekende diens deur die gasvrou, Johanna, wat die omgewing goed ken en waardevolle aanbevelings maak. Vriendelik en professionele hantering met ontvangs en vertrek.
Niel Cronje

Default Avatar
0159 Lizette Vorster
South Africa (Wellington)
July 2, 2017

Pragtige plek met alles wat jy nodig het.
Professionele ontvangs. Pragige plek, netjies en baie skoon. Pragtige uitsig!

Default Avatar
Esther Wepener
Souh Africa (Petrus Steyn)
June 25, 2017

Dit is lekker om in die Kaap te toer. Ons kom by hierdie plek aan en het die mooiste uitsig oor die see. Dit is voorwaar die netjieste plek wat ons ooit besoek het. Alles is hier! Jy het net nodig om jouself te bring en jou siel te kom was.
Johanna - baie dankie! Mag hierdie besigheid ongekende hoogtes bereik.
Groete
Jannie & Esther Wepener en Chris & Karien Buckler
Petrus Steyn - Vrystaat

Default Avatar
Hennie Botha
South Africa (Paarl)
June 11, 2017

Wat 'n lekker wintersnaweek ! Heel dag vuur gemaak. Dankie vir julle mooi huis en dat alles so netjies is!
Sien julle gou weer!

Hennie, Diena, Hendrik, Anke, Ian & Alet.

Default Avatar
Elria Paulse
South Africa (Brackenfell)
June 4, 2017

Baie Dankie. Was lekker om hier te kon bly en sal definitief weer kom. Uitsig is mooi.
Groete
Lionel, Wayne, Tersia, Elria, Zelize, Lizelle

Default Avatar75
Tanita Germishuys
South Africa (Brackenfell)
May 27, 2017

Baie dankie ! Dit was ongelooflik om hier te kon bly ! Ons sal definitief terugkeer. Ons het die rustigheid nodig gehad en die uitsig was "amazing" !
Groete
Zani, Nita, Ashley, Rene en DJ.

Default Avatar
Oswold Jacobs
South Africa (Worcester)
April 7, 2017

Fantasties
Persoonlike verwelkoming baie vriendelik. Die woning was baie netjies en alle toebehore (wat by jou eie huis is) is beskikbaar. Ek was ingenome dat ook 'n braairooster beskikbaar was. Ligging van woning is perfek. Die kinders het die gratis WiFi baie geniet. Ek moet beklemtoon dat die gasvrou, Johanna, goed ingelig is oor die dorp self, asook die omgewing. Haar vriendelike ontvangs en geaardheid moet onderstreep word.

Default Avatar
Milia Khoury
South Africa (Green Point)
April 4, 2017

Beautiful and spacious double storey beach house with exceptional views. On clear days you can see Table Mountain almost 100km away. Tastefully decorated interiors that sleep 6 people. Wonderful for family holidays and escapes. The house is fully equipped with all kitchen utensils and a wonderful indoor barbecue. Barbecue with a view cannot get better than this. Additionally, the house is located in a quiet and newly developed part of Yzerfontein, Pearl Bay. Which has the most pristine and beautiful beach with white beach sand. You can hear the waves break from the house, so it's perfect for relaxation. Johanna was a wonderful welcoming host and thought of everything in equipping the house. We look forward to the next visit!

Default Avatar
Johan van Rooyen
South Africa (Ladybrand)
April 1, 2017

Wow, wat 'n pragtige huis met 'n asemrowende uitsig! Alles wat 'n mens nodig het en baie meer. Ons sal weer terug wees volgende jaar!
Baie dankie vir gasvryheid
Johan & Gwen van Rooyen
(Free State - Ladybrand)