Petro Schreuder

Ons het saam familie en 2 klein kindertjies (2 jaar en 9 maande) ‘n langnaweekwegbreek gehad. Die huis het alles en nog meer gebied. Daar is selfs stoele en speelgoed vir die strand! Die kuierarea bo was lieflik en het die kinders die geleentheid gegee om rond te beweeg terwyl ons rustig oor die see kon uitkyk en kuier en braai! Die strand is stapafstand en die dierelewe is volop! Definitief elke sent werd en sal dit met ‘n geruste hart aanbeveel. Johanna se ontvangs was professioneel en vriendelik. Dankie Johanna, ons sal beslis terug wees!